Tuesday, 25 October 2011

Afrikaanse Taalkunde Lesbeplanning

Afrikaanse Taalkunde  (Graad 7)

Leeruitkoms 6
Taalstruktuur en gebruik
Asseseringstandaard
Gebruik kennis van basiese spelreëls en spelling om uitsonderings in spelpatrone te identifiseer.
Lesbeplanning
LOOM:
·         Graad 7 Taalkunde handboek
·         Vorige werkkaarte
·         Powerpoint skyfies
·         Projektor
·         Skootrekenaar
·         Blokkiesraaisels

1.    Inleiding
‘n Les gaan aangebied word aan graad sewe leerders. Nadat die les aangebied is, sal die leerders se taalkennis getoets word deur middel van ‘n blokkiesraaisel wat hulle moet voltooi, wat handel oor algemene taalbeginsels.
2.    Hoe gaan dit gedoen word?
Die onderwyser gaan vir die leerders verduidelik oor basiese reëls in taalkunde en seker maak dat hulle meeste van die werk verstaan. Daarna sal die leerders in groepe ingedeel word, wat hulle toelaat om saam te werk. Daar sal vir elke leerder ‘n blokkiesraaisel uitgedeel word wat hulle dan moet voltooi. Die onderwyser sal die blokkiesraaisels in die groepe asseseer om vas te stel of die leerders die uitkomste bereik het.
3.    Uitkomste
Aan die einde van die les sal die leerders in staat wees om verskillende taalbeginsels te verstaan en toe te pas deur die blokkiesraaisels volledig te voltooi, wat dan deur die onderwyser nagesien gaan word.

Afrikaans taal blokkiesraaisel